Being3 Architects was recommended to me by one of SA’s leading architects from Gauteng. We appointed Hanlie to design our primary house, a task she did to great satisfaction. She excelled towards punctuality, a positive price structure not related to design and finishes but rather to time and energy spent which we found innovative, great design and excellent technical drawings. Thereafter we appointed her for 5 more projects, all executed with the same diligence and professionalism.
We highly recommend her firm!!”
Hildegarde Geyser


Watter ondervinding om ‘n droom huis te sien gestalte inneem! Van onwerp tot die eindproduk voorwaar ‘n uiters profesionele ervaring. Soveel so dat ons ‘n verdere, nuwe projek aan Being 3 toevertrou het. Dit is weereens ‘n meesterstuk.”
“Bravo Being 3!”
Die Rabies


Baie dankie vir die ekstra myl wat julle loop. In vandag se kompeterende mark is verwysings waarskynlik die beste vorm van advertensie. Ons waardeer julle insette en sal ook die woord verder versprei.”
Mari Carstens


Dear B3’s
Thank you for the pleasant experience of having you on our professional team with the office extension project. You are great people to work with and what you delivered exceeded our expectations.
Will recommend you with confidence.”
Zaldeus Steenkamp


Hallo Hanlie en Susan
Ek skryf net weereens net om dankie te se vir n amper onmoontlike projek wat julle met soveel ywer en moeite, absoluut perfek afgehandel het. Die feit dat julle hierdie projek met sy beperkinge (tegnies en finansieel) kon laat werk tot die mate waar ons nou 12maande later oorval word met komplimente van Stellenboschsers en hoogs tevrede kliente moet waarlik aan julle opgedra word. Hanlie jou aanvanklike harde werk rondom die moeilike erf met n onmoontlike aflaaiplek en die tegniese uiteensetting van die draaiplek vir groot vragmotors het nie alleen die projek van die grond af laat kom nie maar staan vandag uit as die enkele rede vir die finansiele sukses van die projek. Jul ontwerp pas pragtig in die omgewing in en jul keuse van materiale werk goed. Ons kliente is hoogs tevrede met die vloei van besoekers aan die sentrum en die sekuriteit werk baie goed. Ons huurders is veral tevrede met die sigbaarheid van advertensie spasie en die sentrum vertoon baie goed.
Ek is dankbaar dat ons hierdie projek in n moeilike ekonomiese tydperk kon voltooi met soveel sukses. Julle insig in die verband het uitgestaan en ek het baie waardering vir julle herhaaldelike pogings om die finansiele haalbaarheid te verseker.
Ek wens julle alles wat mooi is toe vir jul praktyk en weet dat julle n sukses daarvan sal maak.
Groete
Hennie Volschenk”


“Ons gesin het in 2011 besluit om na Stellenbosch te verhuis en na die koop van ‘n baie ou huis het ons ‘n argitek gesoek wat die huis vir ons in ‘n tuiste kan omskep. Na vele verwysings en ook a.g.v. hulle vorige werk het ons Hanlie en Susan genader. Ons was nooit spyt nie. Hulle ontsaglik baie moeite gedoen met die goedkeurings proses, werk was altyd betyds en niks was ooit te veel moeite nie. Ons sal nie weer ‘n ander argitek gebruik nie en beveel julle orals aan.
Baie dankie vir ons mooi huis en vir alles wat julle gedoen het!”
Nico Coetzee/Lizette White


Op soek na ‘n argitek om ons nuwe huis te ontwerp, het ons dadelik aanklank gevind by die BE3 webtuiste, en vir Susan aangestel om die huis te ontwerp, asook toesig te hou oor die bouproses, aangesien ons op daardie stadium nog in die Vrystaat gewoon het. Hanlie se insette was ook baie waardevol.
Watter plesier om met so ‘n toegewyde professionele span saam te werk. Geen moeite is ontsien om ons met besluite en probleme te help nie. Dankie vir jou geduld,Susan, ons waardeer dit opreg, en geniet ons mooi huis elke dag meer.
Ons beveel julle met graagte aan.”
Koos & Niti